Don Barry (56) is vier keer tydens die roofpoging geskiet.

Don Barry (56) van De Wildt is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal na hy verlede week vier keer geskiet is toe rowers hom en ‘n kollega by hul besigheid oorval het.

Hy is tans op ‘n ventilator en onder sedasie in die Milpark-hospitaal. Die koeëls het hom in die bors, skouer, been en skrotum getref.

Barry en sy vennoot, Christo Kriek (40) was by hul onderneming wat motors verpand in Pretoria-Tuine verlede Woensdag toe twee mans, wat hulself as kliënte voorgedoen het, die kantoor binnegekom het.

Volgens sy vrou, Carol, het hulle motorpapiere in die hand gehad en niks het verdag voorgekom nie. “Die een het ‘n 9 mm-pistool onder sy hemp gehad en die ander een ‘n pypgeweer in sy mou. Toe hulle in die kantoor is, het hulle die vuurwapen uitgetrek en op Don en Christo gerig. Don het sy eie vuurwapen uitgehaal, maar die skoot wou nie afgaan nie. Hy het die een met die 9 mm gegryp en Christo die ander een. In die worsteling, is Don vier keer geskiet. Christo kon daarin slaag om die pypgeweer van die ander rower af te neem en het hom gemoker tot hy lê,” het Carol aan Kormorant vertel.

“Hulle het vir hulle lewe baklei. Toe die een wat Don geskiet het sien sy makker lê, het hy homself oorgegee. Die polisie is ontbied en die twee is in hegtenis geneem.” Carol sê die twee het ewe gedweë bly sit tot die polisie opgedaag het. Don is in ‘n kritieke toestand met ‘n noodhelikopter na die hospitaal gevlieg.

Don se toestand is steeds baie ernstig. “Hy het Vrydag weer twee pinte bloed ontvang. Sy suurstofvlakke is wispelturig en hy word onder verdowing gehou. Die een koeël is net onder sy long verby en een by die hoofslagaar in sy been. Hy het baie bloed verloor, maar ons is positief. Dit is net sleg dat weens die huidige COVID-maatreëls sukkel ek om met die dokter te praat. Mens weet nie wat regtig aangaan nie. Ek weet net ‘n lang pad na herstel lê voor. Ek hoop net hy word binnekort van die ventilator afgehaal. Dit is baie erg om hom so te sien.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident