Die Hoërskool Wagpos het Vrydag, 26 Junie, gesluit na ‘n matriekseun positief vir Covid-19 getoets is.

Die leerling, wat ‘n koshuisstudent is, het verlede Maandag begin sleg voel en is deur die skool huis toe gestuur. Sy ouers het die skool Vrydag in kennis gestel dat hy Covid-19 het.

“Die seun het verlede Sondag, 21 Junie, by die koshuis ingeteken en hy is geskandeer soos alle leerlinge daagliks gedoen word. Hy het geen simptome gehad nie,” het Daan Neethling, hoof van Die Hoërskool Wagpos, gesê.

Die leerling is weer Maandagoggend saam met ander leerlinge geskandeer en het steeds geen simptome getoon nie. “Ongeveer 10:00 het hy begin siek voel. Die simptome was koors, lyfseer en moegheid. Hy is onmiddellik geïsoleer en sy ouers het hom kom haal,” sê Neethling.

Die skool is Vrydag in kennis gestel dat die seun positief vir Covid-19 getoets is. “Ons het onmiddellik al die leerlinge en onderwysers bymekaar geroep om te bepaal wie almal met die leerling in kontak was. Sestien onderwysers en meer as die helfte van die matriekleerlinge was met hom in kontak en na gesprekke met die onderwys- en die gesondheidsdepartemente, is daar besluit om die skool te sluit. Almal is huis toe gestuur en is tans onder selfkwarantyn.”

Die skool word nou ten volle gereinig en is tot verdere kennisgewing gesluit.

“Dit blyk dat Covid-19 binne enkele ure simptome kan ontwikkel. Die seun het die oggend voor skool nog geen simptome gehad nie en teen 10:00 was hy siek,” het Neethling gesê

SIEN OOK: Brits-ouetehuis onder kwarantyn weens Covid-19-geval

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident