Dié plaasvoetjies nou saam in grootskool

Dié groepie Graad eentjies voel glad nie alleen in hul eerste skooljaar by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman nie. Almal is afkomstig van Plaasvoetjies Kleuterskool in Hartbeespoort en is reeds die afgelope vier jaar of meer vriende.

Agter van links is Alexis Woeke, Klara van der Merwe, Lika Baird, Mia Venter, Suné Siebert, Dawid Landsaat
Voor is Daniël-Louis Evans, Adriaan Schultz, Lomé du Plessis, Mikayla Hannemann en Stephan Viljoen.