Die Doxa Deo Kerk in Hartbeespoort het die afgelope maand noodsaaklike werkers wat in die voorlinie in die COVID-19-pandemiestryd werk in the Madibeng-gebied besoek en bederfpakkies oorhandig om hulle te bedank.

“Ons besef dat die Covid-19 pandemie geweldige geestelike en emosionele druk plaas op die mediese bedryf en hul personeel wat aan die voorpunt werk om die pandemie te beveg. Daarom is dit vir ons belangrik om as kerk en gemeenskap van gelowiges hulle te ondesteun deur gebed en op ‘n praktiese wyse om ons waardering teenoor hulle te betoon,” het Kobus Windt van Doxa Deo gesê.
Die kerk het gesondheidswerkers by ondermeer, Mediclinic Brits, die Madibeng nooddienste, polisie en Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) besoek.