Drie mense is Saterdagaand ernstig beseer toe ‘n voertuig by die Damonsville-kruising oor ‘n stopstrat gery het sonder om te stop en met ‘n ander voertuig gebots het. Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het die beseerdes na ‘n hospitaal in Brits vervoer.
