Drie mense is die afgelope week dood in ongelukke in Brits en Hartbeespoort.

‘n Man is dood in ‘n ongeluk tussen ‘n trok en bakkie op die R512 by die N4 afrit Vrydagmiddag. Die bakkie het in ‘n trok vasgejaag terwyl die insittendes na ‘n beweerde rooftog van die polisie gevlug het.
Vrydagaand is ‘n voetganger op die Van der Hoffpad R514 in ‘n tref-en-trap-ongeluk dood. Die skuldige het weggejaag.
Saterdag is ‘n vrou dood toe haar voertuig by die R511 N4-afrit gerol het. Sy is ernstig beseer en ten spyte van paramedici van Hartbeespoort Emergency Medical Service se pogings om haar te red, is sy op die toneel dood verklaar.