Ten spyte van die feit dat die jaarlikse groot Aarbeifees gekanselleer is en twee mini-feeste die afgelope naweek in Hartbeespoort en Brits aangebied is, is meer as 12 ton aarbeie verkoop.

By Village Mall in Hartbeespoort is sewe ton, en by Beeetroot@Santai in Brits, vyf ton verkoop, het Magda van Zyl van die Aarbei-Musiekfees nie-winsgewende organisasie gesê. “Daar is ook 1 200 bakkies aarbeikonfyt verkoop. Dit was ‘n onverwagse verrassing dat die mini-feeste soveel mense gelok het. Ons het geskat dat ‘n maksimum van so vyf ton aarbeie verkoop sou word en toe skiet die verkope die hoogte in. Ons moes kort-kort die boer bel en sê ‘nog’. Ek dink hy het paniekerig geraak in ‘n stadium,” lag sy.

Village Mall, sowel as Beeetroot@Santai het duisende besoekers gehad en daar is bontgestaan om almal te help.

Die winste van die fees word deur die organisasie in die gemeenskap teeruggeploeg om behoeftige skole, weeshuise en ander in nood in die gemeenskap by te staan.

“Ons wil net graag vir Echo Berry bedank wat jaarliks vir ons die aarbeie skenk en so die fees moontlik maak. Ook dankie aan Laeveld Agrochem, Village Mall, Beeetroot@Santai Guesthouse, almal wat help verkoop het en die besoekers wat ons so getrou elke jaar ondersteun. Ondanks die Covid-19-pandemie is ons grootste verwagtinge oortref.”

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident