Een persoon is dood en ‘n ander baie ernstig beseer toe ‘n bakkie Dinsdag naby die Alpha-kruising op die R511 by Brits gerol het.

“Een persoon is op die toneel dood verklaar en Hartbeespoort Emergency Medical Serivce (HEMS) het ‘n baie ernstig beseerde persoon na ‘n hospitaal in Pretoria vervoer,” het Leandre Spies van HEMS gesê.