Elrike ‘n vaardige swemmer

Elrike du Plessis, ‘n graad 4-leerder van Laerskool Brits het aan die Noordwes Swemgala in Rustenburg deelgeneem. Elrike het puik presteer en eindig eerste in die borsslag 50m, tweede in borsslag 100m en tweede in die vryslag 50m, en sy kwalifiseer vir vlak 2 swem.