Hartbeespoort het die afgelope naweek nog ‘n bekende en geliefde inwoner verloor. Elsa de Jager is Vrydag, 8 Oktober, in die ouderdom van 88 oorlede na ‘n beroerte.

Sy en haar man, Danie de Jager, die bekende beeldhouer, was inwoners van Hartbeespoort sedert 1962.

Elsa was ‘n kunstenaar in eie reg en het verskeie internasionale kampioenskappe vir blommerangskikking gewen. Sy was ook gasvrou van formaat en het deur die jare verskeie nasionale en internasionale staatshoofde onthaal tydens besoeke aan haar en Danie se ateljee in Hartbeespoort.

Sedert haar man se dood in 2003 het sy alleen in hul huis teen die Magaliesberg gewoon.

“Haar heengaan is ‘n groot verlies vir haar wye vriendekring. Sy laat ‘n groot leemte,” het John Minnaar, ‘n jarelange vriend gesê.

‘n Gedenkdiens word op 23 Oktober, wat haar 89ste verjaarsdag sou wees, by haar ateljee gehou. Weens COVID-19-beperkings sal slegs ‘n aantal mense genooi word.

Also Read:

  • Categories: Crime, News
    Hartbeespoort man shoots mother and daughter
  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits