Franco Grobbelaar (9) het die afgelope naweek aan die Cycling XCO Cup 3 in Potchefstroom deelgeneem en ‘n derde plek verower. Hy is tans nommer 1 in Noordwes in sy ouderdomsgroep (9-10 jaar) en loop voor met punte vir die interprovinsiale wedren wat binnekort plaasvind. Franco, ‘n leerder van Laerskool Generaal Hendrik Schoeman, is lid van die Hartbeespoort Fietsryklub en het in Junie ook ‘n eerste plek by XCM-kampioenskappe verower en in Julie, ‘n eerste plek by die “School Series Cup#2”.