Die geliefde inwoner, Marté van Heerden, is Sondag, 11 Desember, in die ouderom van 45 na ‘n lang stryd met kanker oorlede.


Marté was ‘n bekende in die kultuurwêreld in Hartbeespoort en sal onthou word as musiekjuffrou, orrelis en musikant wat met haar talent en groot glimlag harte gewen het.
Sy laat haar ouers, Faan en Marina Naudé, man, Rudolph, en haar twee kinders, Philip en Karolien na.
“Ons veelgeliefde vrou, mamma, dogter, suster, tannie, vriendin, musiekjuffrou, orreliste, musikant. Ons is diep bedroef, ons is geseënd, ons loof Hom vir jou lewe,” het haar familie in n huldeblyk geskryf.’n Begrafnisdiens vir Marté word Donderdag, 15 Desember, om 10:00 by die Hartbeespoort-begraafplaas en 11:00 in die Gereformeerde Kerk, Maraisstraat in Schoemansville gehou.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident