Gemeenskapslede van Florapark ontferm hulle nou oor polisie- en metro polisielede by die padblokkade op die R511 naby Saartjiesnek.

‘n Besorgde inwoner het verlede week op Facebook haar kommer uitgespreek oor die lede wat heeldag sonder verversings die padblokkade beman. Gemeenskapslede het onmiddellik gereageer en ‘n groep vroue het begin om daagliks kos en drinkgoed aan die dankbare polisie- en metrolede te verskaf. Op die foto is Mary-Jane, Dinie en Michelle Strydom van Florapark na hulle Vrydag sop en pannekoek by die manne afgelewer het.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident