Plaaslike boere en verskeie organisasies het verlede week die reuse taak, om paaie buite Brits te herstel, aangepak.

Gemeenskappe in Brits en Hartbeespoort neem die afgelope tyd diensleweringsprobleme in eie hande om die gemeenskappe se lewens makliker te maak.

Boere, Buco-Brits, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand se Soetdoring-tak, en die Vryheidsfront Plus het verlede week weggespring om die ongeveer 5 km bykans onbegaanbare Bethanie-pad te herstel. Die projek behels werk aan die pad vanaf die R511 tot by die Berseba-, Bethanie-, Sandrift-aansluiting. “Die paaie in die Brits-omgewing is in ’n haglike toestand omdat die nodige onderhoud en herstelwerk nie deur die verantwoordelike partye gedoen word nie. Die herstel van slaggate is daarom vir ons ’n groot prioriteit en ons wil inwoners en organisasies wat gefrustreerd is aanmoedig om die Afriforum Brits-tak te kontak om ook by hierdie projekte betrokke te raak,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons wil die gemeenskap bedank vir elke bydrae wat die werk wat reeds gedoen is, moontlik gemaak het. Die projek sou beslis nie moontlik gewees het as verskeie organisasies nie hande gevat het en die probleem saam aangepak het nie,” sê Johan de Klerk, voorsitter van AfriForum se Brits-tak.

Also Read:

  • Categories: Crime, News
    Hartbeespoort man shoots mother and daughter
  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits