Gemors by oorlaaistasie skoongemaak

Madibeng het dié week inwoners se vullis buite die oorlaaistasie in Brits opgeruim.Die Madibeng munisipaliteit het dié week die vullis buite die oorlaaistasie in Spoorwegstraat in Brits opgeruim na lede van die gemeenskap begin het om hul vullis buite die oorlaaistasie af te gooi.
“Mense gaan stort snags hul vullis, of as hulle ‘n probleem ondervind om die terrein te betree, word die vullis buite afgelaai. Ons versoek dat mense asseblief nie buite mors nie en indien iemand ‘n probleem het om die perseel binne te gaan, kan hulle my kontak,” het Madibeng-raadslid, Elsa Lourens gesê.
Die operasionele tye van die oorlaaistasie in Spoorwegstraat is as volg:Maandae tot Vrydae : 08:00 – 16:00
Saterdae en Sondae: 08:00 – 15:00
Slegs mini vragte van 1 ton per kliënt word aanvaar, groter vragte moet na die Hartbeesfontein Stortingsterrein langs Multiplant op die R511 geneem word. Die oorlaaistasie is hoofsaaklik bedoel vir tuinvullis, maar klein hoeveelhede huisvullis en bourommel word ook aanvaar. Skoon bourommel kan ook gratis by Hartbeesfontein Stortingsterrein afgelaai word.