Gert maak golwe in rugby

Gert Etsebeth, ‘n 12-jarige leerder van Laerskool Generaal Hendrik Schoeman en eerste span rugbyspeler is gekies vir die Tuks Youth Academy 7-rugby. Hy het onlangs die Heron 7s toernooi en die Grizzlies 7s toernooi saam met sy Tuks-span gewen. Gert is verlede jaar vir die onder 12 Luiperdspan gekies en hy het ook in Desember 2019 in Dubai rugby gespeel.

Gert Etsebeth