Gevange aasvoëlma maak wesie groot‘n Aasvoëlwesie wat se ma dood by die nes gevind is, word nou deur ‘n ander aasvoëlma saam met haar eie baba groot gemaak.
VulPro, die veilige hawe vir aasvoëls by Hartbeespoort, het verlede week tydens ‘n opname ‘n dooie aasvoël in ‘n boom aangetref. Met nadere ondersoek is ‘n aasvoëlkuiken in ‘n nes in die boom gevind.
Die VulPro-span het die nes vir 24 uur gemonitor en toe geen ouer na die nes terugkeer nie, is daar besluit om die kuiken te red. Die kuiken is nou by VulPro in die sorg van ‘n aasvoëlma wat reeds ‘n kuiken grootmaak, geplaas. Sy is een van VulPro se aasvoëls wat weens beserings nie vrylaatbaar is nie.
“Die weeskuiken is nou onder die liefdevolle vlerke van ons broeipaar. Dit is merkwaardig hoe ons gevange voëls surrogaatouers word wat help om wilde kuikens groot te maak. Aasvoëls hou nie op om my te verstom nie,” sê Kerri Wolter van VulPro.

Also Read:

  • Categories: Crime, News
    Hartbeespoort man shoots mother and daughter
  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits