Leerders van Laerskool Generaal Hendrik Schoeman het dié maand bygedra tot die Ezer-tuinprojek, ‘n inisiatief van “Dare2share”, ‘n nie-winsgewende organisasie wat groentetuine plant. Die doel is om gesinne in nood in die area, verantwoordelik en meer onafhanklik te maak. Schoemies het ruim bygedra tot hierdie projek en ons wil elke Schoemie wat ‘n pakkie saad geskenk het of sade self geoes het, hartlik bedank!
