GHS hou huissport

Gerik Bothma en Brendan van der Merwe

Op Vrydag 17 Januarie 2020 het Laerskool Generaal Hendrik Schoeman die atletiekseisoen afgeskop met ‘n heerlike middag-aand huissport atletiekbyeenkoms.

Die atlete het hulle staal gewys en daar het weer vele rekords gespat. Die ouers het hulle kinders met groot entoesiasme ondersteun en die pawiljoen vol gepak. Die toppresteerders tydens die byeenkoms was Brendan van der Merwe (beste baanatleet), Gerik Bothma (beste veldatleet en senior Victor Ludorum), Illané van Staden(junior Victrix Ludorum), Jan-Daniel Jonker (junior Victor Ludorum) en Dené vd Merwe (senior Victrix Ludorum). Die bokspannne het mekaar ook die stryd aangesê en die uitslae was soos volg, Gemsbokke (425), Hartbeeste (408), Springbokke (396) en Impalas (325).