Laerskool Generaal Hendrik Schoeman het Woensdag die eerste sooi gespit vir die konstruksie van die ses nuwe Graad R-klaskamers, toilette vir leerders en ‘n personeelkamer vir die Graad R-personeel. Die Graad R-leerders gaan tans in asbesklasse skool en dié word nou vervang.Die projek is moontlik gemaak uit fondse wat geoormerk is vir kapitaalprojekte, sowel as borge soos SABRIX en Dreiers Hardeware.
