Laerskool Generaal Hendrik Schoeman het verlede week die ses nuwe Graad R-klaskamers, en personeelkamer vir die Graad R-onderwysers, amptelik in gebruik geneem.

Dié aanwins is moontlik gemaak deur borge en fondse wat die skool self ingesamel het. Die skool se leerdergetalle het vanaf 2008 verdubbel en in die afgelope 13 jaar is reeds 17 klasse gebou en bestaande struktuur herskep om al die leerders te akkommodeer, sodat die leerdergetal per klas steeds relatief min is. Dié skool het tans 1 188 leerders. Die grondslagfaseklasse se getalle word beperk tot 24 per klas en die intermediêre– en seniorfase klasse word beperk tot 34 leerders per klas.
Die lint-knip-seremonie is waargeneem deur die voormalige hoof, Mauritz du Preez, onder wie se hoofskap die projek begin is. “Hartbeespoort is werklik bevoorreg om ‘n skool van hierdie kaliber te hê wat vergelyk met van die beste in die Pretoria-omgewing,” sê Du Preez.