Groot nooddienste teenwoordigheid by Om die Dam

21/03/2024News

‘n Groot teenwoordigheid van nooddienste was die afgelope naweek by Om die Dam-ultramarathon te sien.
Veral met die huidige hittegolf, was die teenwoordigheid verwelkom deur atlete. Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het drie ambulanse, hul brandweereenheid, sowel as hul reaksievoertuig by die wedloop ontplooi. Ambulanse het saam met atlete die roete gery om hulp te bied waar nodig .
“Daar was geen ernstige voorvalle tydens die wedloop nie. Paramedici het bystand verleen aan iemand wat vermoedelik weens die hitte flou geword het en ‘n atleet wat geval het,” het Leande Spies, woordvoerder vir Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) gesê