Hoërskool Hartbeespoort het vir die eerste keer ‘n amptelike gelukbringer. Harry, die hartebees het verlede week per helikopter, al die pad van die ‘Kalaharry’ Gemsbokpark af by die skool geland.

Hoofseun- en meisie, Stefan van der Colff en Eloïse Shelly het Harry by aankoms verwelkom.

Harry sal voortaan as ambassadeur by alle sport- en sosiale geleenthede optree. Hy isoleer tans en sal binnekort sy permanente plek in die voorportaal van die skool inneem om besoekers aan die skool te verwelkom
Kormorant verneem dat Harry na die hoof, Herman le Roux, vernoem is.
Sy koms na die skool is die inisiatief van die 2021-leerlingraad.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident