Hartbeespoort se tweede Bybellees-marathon vind vanjaar weer van 5 tot 9 Augsuts plaas.

Die eerste Bybellees-marathon in 2019, wat deur die Baanbrekers Jeugklub aangebied is, was ‘n groot sukses met meer as 150 vrywilligers wat vir vier dae aaneen gelees het.
“Vrywilligers het kom lees en saam die wedloop deurgedraf om God se Woord weer opnuut in Harties gemeenskap te deel en so honderde gesinne gemotiveer om weer die stof van hulle Bybels af te stof en God se Woord terug te bring na die eetkamertafel. Ons het die hele Bybel in 88 ure voltooi. Mense het deurnag met warm komberse en ‘n warm drankie geluister na die Bybel, God se brief aan ons elkeen. Ons het elke persoon nodig, oud en jonk om hierdie jaar weer die Bybel deur te lees en mense bewus te maak van God se Woord. Kom geniet die vyf dae saam met ons,” sê Maruschka Horn.
Die Bybellees-marathon begin 5 Augustus om 12:00 tot 9 Augustus 12:00 by Jasmyn in Meerhof plaas.
Vir meer inligting, kontak 072 472 6746. Besoek die webwerf www.baanbrekers.co.za.