Hoërskool Hartbeespoort se skoolhoof vir die afgelope byna 18 jaar, Herman le Roux, het die skool die einde van Julie gegroet vir ‘n welverdiende aftrede.
Le Roux het in 1992 as departementshoof by die skool begin. Die skool het dié week hul dank aan hom uitgespreek. “Geen uitdaging was vir mnr Le Roux te groot nie en sy leerders en personeel kon altyd op hom staatmaak. Aan ons skoolhoof, rekeningkunde-onderwyser, vriend, kollega en mentor – ons gaan jou mis! “Dankie” is nie genoeg om ons waardering uit te spreek nie. Geniet die welverdiende ruskans.”
Die hoofdogter en -seun, Jana Maree en Nicolaas Schoeman, het die hoof en sy vrou, Susan, dié week gegroet.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident