Hartbeespoort-inwoner oorlede

Willem van der Merwe (44), ‘n jarelange inwoner van Hartbeespoort is Vrydag, 25 Februarie, onverwags oorlede.

Willem van der Merwe

Hy het in Hartbeeespoort grootgeword en by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman en Hoërskool Hartbeespoort skoolgegaan. Hy laat sy seun, Alex, en dogter, Luchelle na. Sy kinders en familie wil almal bedank vir hulle ondersteuning, telefoonoproepe en besoeke tydens sy afsterwe. Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.