Hartbeespoort-marathonklub durf 52km Rhodes Run aan

Lede van die Hartbeespoort-marathonklub het onlangs die 52km Rhodes Trail /Run-ultramarathon in die berge aangedurf.

Die roete wentel deur die berge tot teen die Lesotho-grens. Die lede wat die ultra voltooi het is, voor van links, Inge Cox, Angela van Aardt, Nadine Lombard, Jacoba Badenhorst, en agter, Jaco Du Plooy, Jan van Aardt, Eric Brandt, Bennie Badenhorst, en Pieter Louw.