Moenie die naweek die Hoërskool Hartbeespoort se Harties Premier League-sporttoernooi misloop nie.
Die jaarlikse hoogtepunt vind Saterdag, 29 Julie by die skool se sportterrein plaas.
Dit gaan weer ‘n dag vol opwinding, goeie sport en pret wees.
Die verskillende skoolspanne, wat deur plaaslike besighede geborg word, sal teen mekaar in hokkie, rugby, sokker en netbal meeding. Ondernemings in die gemeenskap is die geleentheid gebied om die onderskeie spanne te “koop”, af te rig en hul sportdrag te borg. Kom kyk watter onderneming se span as wenners uit die stryd tree.
Die sporttoernooi beloof om ‘n lekker dag gevul met kompeterende sport, lekker atmosfeer, kos- en sporttoerustingstalletjies te wees.
Wedstryde begin 10:00. Moet dit nie misloop nie!

Also Read:

  • Categories: Crime, News
    Hartbeespoort man shoots mother and daughter
  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits