Die Gladdebekke Redenaarskool in Hartbeespoort, onder leiding van Pauli van Niekerk, is tydens die Oosrand Kunstefees as die beste redenaarskool in Suid-Afrika aangewys.

Pauli rig kinders van regoor Suid-Afrika af. Pauli het nooit beplan om ‘n redenaarskool op die been te bring nie. “Dit het so vanself gebeur toe ek vir my kinders moes begin toesprake skryf,” lag sy. “Vriendinne het aan my deur begin klop vir hulp met hul kinders se toesprake en kort voor lank was ek behoorlik toegegooi met versoeke en bestellings. En daar is die idee gebore…” Pauli het ‘n passie om mense, en veral kinders, te help om hul gedagtes te verwoord en hul sê te sê. Selfs kinders van so jonk as 5 jaar oud het al onder haar leiding nasionale kompetisies gewen. “Dit gaan egter nie vir my oor wen of verloor nie. Elke keer wat ‘n kind dit regkry om te praat, is dit ‘n oorwinning wat gevier moet word. Maak nie saak of die kind vashaak, oor begin, of foutloos praat nie. As dit reg en met die nodige aanmoediging hanteer word, behoort so kind nie `n vrees te hê om voor mense te praat nie. Elke keer wat jy praat, raak dit makliker.”

Die toekenning vir beste redenaarskool is onverwags en ‘n groot eer. “Ek doen net waarvoor ek lief is en dit is heerlik om kinders te help en te sien floreer.”

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident