Hartbeespoort se wêreldbekende gemendevegkuns-ster, Dricus du Plessis, gaan vir ‘n ruk buite aksie wees na hy dié week ‘n skoueroperasie moes ondergaan.
Sy beplande geveg teen die Brasiliaan, André Muniz by die Ultimate Fighting Championship (UFC) 262 in Desember is nou van die baan, maar hy beskryf dit as ‘n “klein terugslag op die pad na goud en ek sal sterker as ooit terugkom”.
Dricus, wat nog onoorwonne in sy UFC-loopbaan is, het sy skouer in die eerste week van sy oefenkamp beseer.
Hy het dié week uit die hospitaal op Instagram gesê die operasie was ‘n groot sukses en dat dit nou tyd is om die herstelproses kaf te draf soos niemand dit ooit gedoen het nie.