Hartbeespoort sportster

Linique Rowles (15) van Hoƫrskool Hartbeespoort is die Facebook-blad SA Skole Sterre se Junie-nominasie.

Linique Rowles (15)

Linique is in Junie vir die Noordwes-netbalspan verkies, en was ook deel van die Noordwes swem- en lewerensreddingspanne. Sy is as Victrix ludorum in haar ouderdomsgroep by die nasionale DHL-kompetitsie aangewys. Sy het ook vierde plek behaal in hoogspring by die Noordwes-kampioenskappe.