Hoërskool Hartbeespoort se netbal- en rugbyspanne het die afgelope tyd tydens provinsiale kamnpioenskappe uitstekende prestasies behaal.




Die onder 14 rugbyspan is as die Noordwes-ligawenner bekroon. Die onder 15 netbalspan het ‘n tweede plek by die Bojanala distrikskampioenskappe behaal. Die eerste netbalspan, sowel as die onder 16 netbalspan was derde tydens dieselfde kampieonskappe en speel in die finaal op 1 Junie.