Harties Reflections Swemklub se swemmers het in September aan die Noordwes “Short Course” kampioenskappe deelgeneem en ‘n ongelooflike 180 medaljes gewen, waarvan 62 goud, 64 silwer en 54 brons is! Baie geluk aan al die swemmers wat deur Lynnette van Rensburg afgerig word. Sowaar ‘n prestasie om op trots te wees.

