Ons Winkels, ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand, het verlede week sy 80ste welsynwinkel in Broederstroom geopen.

Janet Papenfus is die eienaar van Ons Winkel Broederstroom wat geleë is in die Mountain Lake-winkelsentrum in Oberonstraat. Papenfus is ook die eienaar van die Ons Winkel in Hartbeespoort.

“Daar is soveel interessante en bekostigbare tweedehandse goedere, speelgoed, skatte en oudhede in die winkel. Alles wat jy hier aankoop, word weer vir ’n goeie doel aangewend om ’n verskil in die gemeenskap te maak. Ons moedig inwoners aan om enigiets wat by hul huise in die pad staan vir ons te skenk. So raak ’n mens van oorbodige huisware ontslae en weet dit word vir ’n goeie doel aangewend,” sê Janet.

Ons Winkel neem hierdie goedere en omskep dit in geld wat, onder meer, vir studiefondse en nood in die gemeenskap benut word.
Kontak Janet by 061 945 1917.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident