Lê jou huis vol Spiderman- en Barbie-beddegoed wat jou kinders nie meer wil hê nie? Is jy besig om te verhuis en raadop oor hoe al jou meubels in ‘n kleiner huis gaan pas? Moedeloos oor al die ou huisware wat al jare lank ongebruik rondstaan? Hierdie ongewensde items kan vir iemand anders ‘n uitkoms in nood wees.

Solidariteit Helpende Hand het Woensdag Ons Winkel, ‘n liefdadigheidswinkel by De Handelspost Sentrum (by Obaro) geopen waar enigiets van klere, tot speelgoed, elektriese toebehore, meubels en letterlik enigiets anders, geskenk kan word.
Dié artikels word verkoop en die wins gebruik om mense in nood in die omgewing te help, sowel as vir studiefondse vir behoeftige kinders.
Jou ongewensde items kan letterlik vir iemand ‘n wonderwerk verrig! En dit is ‘n heerlike plek om vir winskope te gaan snuffel.
Ons winkel is daagliks oop van 08:30 tot 17:00 van Maandag tot Vrydag en 08:00 tot 13:00 op Saterdag.
Kontak Janet Papenfus by 061 945 1917 vir meer inligting.