Ifafi is die afgelope drie weke deur inbrekers geteiken met 13 inbrake wat tot dusver aangemeld is.

“Die Hartbeespoort gemeenskapspolisiëringsforum het buurtwaglede en sekuriteitsmaatskappye versoek om meer patrollies in die area te ry om die inbrekers af te skrik,” het Romano van der Spuy, voorsitter van die GPF gesê.

Vier inbrake is in Powderlaan, twee in Ou Wapad en twee in Howitzerlaan aangemeld. Inwoners in Boemsingel, Damrylaan en Long Tomlaan het ook deurgeloop. “Inbrekers teiken meestal televisiestelle, skootrekenaars, fietse and ander elektroniese toerusting,” het Van der Spuy gesê.

Inwoners word versoek om enige verdagtes en verdagte optrede by hul plaaslike veiligheidstrukture aan te meld.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident