Is dit onwettig om met jou troeteldier in jou motor te ry?

‘n Vrou van Vanderbijlpark is boos nadat sy ‘n boete van R1000 gekry het omdat haar hond langs haar op haar sitplek in haar bakkie gesit het.

Die boete is op 18 Desember 2019 aan haar uitgereik. Volgens die boete is dit onder die

Nasionale Padverkeerswet (regulasie 313(1)) onwettig om enige diere op die padoppervlak self toe te laat.

Dit blyk egter dat die verkeersbeampte die pot heeltemal mis gesit het en die boete onder die verkeerde regulasie uitgereik het.

Regulasie 308 (c) stel dit wel dat ‘n bestuurder van ‘n motorvoertuig nie sal toelaat dat enige persoon, dier of voorwerp enige posisie binne of bo-op die voertuig sal inneem wat die bestuurder van die voertuig sal verhoed om volkome beheer oor die voertuig uit te oefen nie.

Kormorant het ‘n regsopinie oor die saak aangevra en sal binnekort meer inligting hieroor publiseer.