Jacqueline Meyer, ‘n Graad 12-leerder van Hoërskool Wagpos, het twee eerste plekke by die onlangse Oos Rand Kunstefees behaal. Sy het eerste plekke in die redenaarsafdeling, sowel as drama-afdeling, behaal en was die algehele wenner in die Hoërskool Graad 8 – 12-afdeling in beide genres.
