Joshua de Kock het onlangs by die Zanshin SAJKA Karateklub Hartbeespoort se graderingseremonie sy groen belt ontvang. Wat die prestasie uitsonderlik maak is dat Joshua slegs 7 jaar oud is. Hy is ‘n graad 2-leerling by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman.
