Maak jy klerekaste skoon vir winter, of is daar opgaargoed in die motorhuis? Jou weggooigoed kan dié winter help om behoeftiges se help.

Enigiets is welkom!

Solidariteit Helpende Hand se ‘Ons Winkel’ in Hartbeespoort is die ideale punt om ongebruikte artikels en klere, af te laai en sodoende minderbevoorregtes in die omgewing te help.

Artikels soos klere, linne, meubels, kombuisware, eletriese toebehore… enigiets in jou pad… is welkom.

Solidariteit Helpende Hand het ‘n netwerk van skenkingswinkels waar ware verkoop word om op ‘n verantwoordelike wyse na hulpbehoewendes in die gemeenskap uit te reik.

Besoek ‘Ons Winkel’ by De Handelspost of Mountain Lake Sentrum in Broederstroom om donasies af te laai en vir meer inligting en kontak Janet by 061 945 1917.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident