Kardiewe rig pistool op inwoner wat hulle agterna sit

‘n Brits-inwoner wat kardiewe agterna gesit het, is Saterdagaand deur die kardief met ‘n vuurwapen gedreig toe hy hulle in ‘n doodloopsraat vasgekeer het.

“Die inwoner het ongeveer 19:40 ‘n blou Volkswagen Golf, wat by ‘n motordiefstal betrokke was, agterna gesit. Die verdagtes het tydens die vlugtog by ‘n doodloopstraat ingedraai waar hulle vasgekeer was. Twee mans, gewapen met ‘n 99 mm-pistool en ‘n semi-outomatiese wapen, het uit die voertuig geklim en het dit op die inwoner gerig,” het die Brits Afriforum buurtwag gesĂȘ.

“Die inwoner was ongewapen en het hulle laat verbykom waarna hulle in ‘n onbekende rigting gevlug het. Ons wil almal waarsku om uiters versigtig te wees wanneer verdagte persone of voertuie genader word. Behou afstand en ontbied bystand. Kyk vir identifikasie van die voertuig en verdagtes vir verdere ondersoek.”