Christiaan Burger, ‘n Graad 9-leerling van Hoërskool Hartbeespoort, is deur United World Colleges gekies is as ‘n Suid-Afrikaanse kandidaat om vir drie jaar in Japan vir die Internasionale Baccalaureate voor-universiteits diploma te studeer.
United World Colleges (UWC) is ‘n wêreldwye netwerk van skole en opvoedkundige programme met die gedeelde doel om ‘onderwys ‘n krag te maak om mense, nasies en kulture te verenig vir vrede en ‘n volhoubare toekoms’.
United World Colleges Japan het Suid-Afrika se nominasie vir Christiaan aanvaar, en hy is ‘n vol studiebeurs toegeken om in Augustus 2021 met die diploma in Japan te begin. Dit is die eerste keer wat ‘n Suid-Afrkaanse kandidaat ‘n studiebeurs van die gesogte Japan College ontvang het. Christiaan is ook die jongste kandidaat wat nog ooit aanvaar is.
Voormalige Suid-Afrikaanse president, Nelson Mandela, het as ere-president van die UWC (1999–2013) gedien. Lord Mountbatten en Prins Charles was voorheen presidente van die organisasie. Die huidige president van UWC is koningin Noor van Jordanië.
Daar is tans 18 UWC-skole en -kolleges in die wêreld, met ‘n internasionale kantoor in Londen.