Kom kuier saam by die Oewerklub

Inwoners word uitgenooi om Vrydag, 27 Mei saam te kom kuier by die Schoemansville Oewerklub met musiekvermaak deur William Blackrose.

Toegang is gratis en inwoners is welkom om hul eie kos en drankies te bring vir ‘n gesellige vleisbraai. Daar sal ook kerrie-en-rys, burgers en skyfies te koop wees. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar.

William Blackrose tree van 17:00 tot 20:00 op.
Kom kuier saam langs die Hartbeespoortdam!