Kuierkerk se jaarlikse Zakiti-fees verlede naweek was weer ‘n reuse sukses.

Die groot kuier en lewendige musiek by die kunsmarkperseel van Lulu’s Pub and Grill het groot aftrek gekry. Ds Anton van Zyl van Kuierkerk sê dat die fees soos in die verlede ‘n heerlike kuiergeleentheid was en dat die Hartbeespoort-gemeenskap die dag goed ondersteun het, van die pretloop vroegoggend, tot die kunsmark, die musiekverhoog en die sowat 60 stalletjies met ‘n verskeidenheid van eet- en drinkgoed. Die sangers wat opgetree het, was Dewald Gouws, Jerome Aldon, Absent Ego, Blackie Swart en William Blackrose.

Sedert die laaste Zakiti Skaapfees wat Kuierkerk gehou het, het baie dinge gebeur. Hierdie informele kerk is kennis gegee by die Xanadu winkelsentrum wat vir ‘n paar jaar hul tuiste was, en Anton moes inspring en ‘n stoor op sy plaas net agter Xanadu Eco Estate binne drie maande inrig om as kerk te dien. Ds Anton bedank almal wat betrokke was met die reëlings en stalletjies, veral vir Blackie Swart wat sy perseel se kunsmarkgedeelte en musiekverhoog beskikbaar gestel het vir Kuierkerk, asook die sangers wat die dag kom optree het en die gemeenskap wat die dag saam geniet het. Enigiemand met navrae oor Kuierkerk, kan Ds Anton kontak by 082 571 1721. Besoek die kerk se webtuiste by www.kuierkerk.weebly.com.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident