Daar was groot blydskap toe die Kuierkidz Leersentrum vir breingestremdes hul splinternuwe gebou verlede week in Hartbeespoort geopen het.

René Veertjie Coetzee, hoof van Kuierkidz, by die nuwe leersentrum.

Die sowat vyftig gaste was verbaas oor die spoed waarmee die gebou opgerig is nadat Kuierkidz einde 2021 kennis gekry het om uit hul huurhuis in Melodie te trek. Een van die ouers, ds Anton van Zyl, het ‘n stoor op sy plaas omskep in ‘n tydelike skoolopset vir die kinders wat einde Januarie saam met die res van Suid-Afrika se kinders terug skool toe is. Vandag is die gebou nie net kindervriendelik nie, maar ‘n volwaardige sentrum waarop elke kind en ouer trots is. Die area is veilig omhein en beskik oor ‘n groot grasperk en boom waaronder daar piekniek gehou word. Daar is ‘n verskeidenheid klaskamers, selfs ‘n slaapkamer of twee vir somtyds oorslaap indien die ouers ‘n krisis het, oefenlokale en kantore. Die eetvertrek en kombuis het ‘n lieflike uitsig oor die Witwatersberg se natuurskoon. Die voorkant van die gebou kyk uit op die Magaliesberg. Daar is ook genoeg stapplek om die kinders se spiere aan die gang te hou.

Also Read:

  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident
  • Categories: Crime, News
    Hartbeespoort man shoots mother and daughter
  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage