Leiers verwelkom Broedies
Laerskool Broederstroom se hoofleiers het met groot opgewondenheid alle Broedies-leerlinge op 17 Januarie 2024 verwelkom . Die leerders het heerlike lekkers as verwelkoming ontvang en is gegroet deur die Broedies-By. ‘n Spesiale welkom ook aan alle nuwe leerders en ouers. Op die foto van links is Amélie Burger (onderhoofdogter), Mia de Lange (hoofdogter), Rudo Joubert (onderhoofseun) en Pieter van Dyk (hoofseun).