Die jaarlikse Zakiti Fees van die Kuierkerk in Hartbeespoort het verlede naweek gesorg vir groot plesier, lekker eet en baie avontuur.
Die jaarlikse fees is by Skemerberg gehou, wat ook die tuiste van die Kuierkerk en Kuierkidz-leersentrum is. Helikopterritte, 4×4 Sandmaster karre, plaasdiere, wildsvleis en feesmusiek het vir ‘n jolige atmosfeer gesorg. Kunstenaars soos William Blackrose, Jonathan Wulf, Alwyn Oberholzer en ander het vir daglange vermaak gesorg.
“Baie dankie aan elkeen wat hard gewerk het om die dag ‘n sukses te maak en elke feesganger wat so lekker gekuier het. Ek het nuwe respek vir Harties se mense gekry. Ons waardeer elkeen van die sowat 700 voertuie vol gaste wat deur die hekke gekom het en die fees kom ondersteun het,” het ds Anton van Zyl gesê.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident