Lyndansers na Amerika
Hartbeespoort se Country Kickin lyndansers het onlangs aan die American Dance-toekennings deelgeneem en ‘n goue medalje verower. Hulle het gekwalisifeer om in 2025 aan die 2025 nasionale Amerikaanse lyndanskompetisie in Rhode Island in Amerika te gaan deelneem. Die lyndansers benodig nou borge om hulle te help om Suid-Afrika by dié kompetisie te verteenwoordig. Vir meer inligting oor die lyndansers, kontak 071 191 1519.