Die 35ste Hartbeespoort Kunstefees vind van 26 Julie tot 5 Augustus 2023 by verskeie plekke in die Hartbeespoort-omgewing plaas.


Die kunstema sluit vanjaar aan by die 100ste herdenking van die Hartbeespoortdam en is: Water vir ‘n 100 jaar: verlede, hede en toekoms. Hierdie tema kan ook in die ander genre deurgevoer word, maar is nie verpligtend nie.
Die Hartbeespoort Kunstefees het slegs ‘n voorgeskrewe kunstema, maar deelnemers het totale vryheid van keuses aangaande werke, stukke of aanbiedings.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 22 Junie 2023 en die koste per item per inskrywing beloop R50. Die volgende afdelings word aangebied: Kuns, drama, klavier, instrumentaal, kitaar en klawerborde, populêre musiek, dans, formele sang en kore en skryfkuns.
Die volledige reëls, inskrywingsvorms vir alle afdelings, fooie en datums van die verskillende afdelings, is in ‘n prospektus uiteengesit. Belangstellendes kan navrae rig met ‘n e-pos stuur aan eurika.leroux@apms.co.za.
Toegang is gratis by al die feesgeleenthede. Tydens die openingsaand, 26 Julie 2023, sal die publiek ook die geleentheid kry om die uitstalling van die kunswerke te besigtig en te luister na plaaslike kunstenaars.
Skole, dans-, sang-, musiek- en drama-groepe en individue word aangemoedig om nou in te skryf.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident