CMR (Christelik Maatskaplike Raad) Brits/Hartbeespoort se gholfdag 5 September by die MagaliesparkMaak jou hart en jou hand oop en ondersteun die CMR (Christelik Maatskaplike Raad) Brits/Hartbeespoort se gholfdag 5 September by die Magaliespark gholfbaan om geld in te samel vir weerlose kinders in Hartbeespoort en Brits.
Die CMR is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie vir die beskerming van kinders en die CMR Brits se fokus is om weerlose kinders en hulle gesinne hoop te gee. Die afgelope jaar het die CMR Brits/Hartbeespoort meer as 4 425 individue bereik, waarvan 365 kinders was. “Die maatskaplike ondersteuning van getraumatiseerde kinders, in die omgewings van Brits, Mooinooi, Hartbeespoort, Sonop en Damonsville, is uiters belangrik en vorm ‘n deel van ‘n intensiewe en duursame belegging in elke kind se lewe,” sê CMR Brits.
“Ses verlate babas is aangemeld en ons benodig dringend babadoeke en -melk. Dit kos CMR Brits R 4000 per maand om hierdie noodsaaklike produkte te koop. Ongeveer 680 families het kospakkies, komberse en warm klere ontvang. Dienste aan kinders sluit traumaberading, hulp met toekomsbeplanning en herkomsinterpretasie in. Verskeie behoeftige kinders ontvang ook skoolklere en skryfbehoeftes.”
Die CMR Brits Gholfdag op 5 September 2023 is ‘n belangrike fondsinsamelingsprojek en die gemeenskap se hulp word benodig. Raak betrokke en belê in ‘n kind se toekoms.
Bydraes in die vorm van borge (pryse) en kontantdonasies word benodig. Besighede en individue word versoek om ‘n putjie borg.
Vir meer inligting en om by te dra, kontak Karen by 072 011 2849 of karen@cmrn.co.za, Elmari van der Merwe 082 749 4546 of elmari1660@gmail.com.
Bankbesonderhede vir skenkings: (‘n Artikel 18A-sertifikaat is beskikbaar):
Absa
CMRB Rekeningnommer 640230223
Tak: Brits
Verwysing: Gholfdag.
Stuur bewys van betaling aan petrofourie@cmrn.co.za

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident